Bainsvlei Selgroep
Die Bainsvlei selgroep is soortvan ’n nomadiese selgroep wat elke Donderdagaand by ’n verskillende huis bymekaarkom. Die enigste vereiste van hierdie uiteenlopende groep gelowiges, is ’n leerbare gees en goeie sin vir humor. Daar word gelag, geëet en lekker gekuier voordat die ernstige geesgevulde Bybelstudie begin. Soos die gesegde lui; bloed is dikker as water, is dit die bloed van Jesus wat hierdie groep aan mekaar bind soos familie. Elkeen deel van Christus se familie wat opreg na mekaar se geestelike en fisiese welstand omsien.
Sondae
Oggendbyeenkoms 09h30
Maandae
Biduur in Moederskamer 17:30

