Evangelism Outreach Trips 2025
“Then he said to them, ,,Follow Me, and I will make you fishers of men.” Matt 4:19
Lesotho
5 – 9 Mar
India
27 Mar – 09 Apr
Murraysburg
24 – 27 Apr
Missions Training
16 – 18 Mei
Bloemfontein
19 – 23 Mei
Mozambique
2 – 15 Julie
Malawi
16 August – 6 Sep
Jordan
4 – 15 Okt
Lesotho
3 – 7 Des
Lesotho
Die gemeente besoek ten minste 2 maal per jaar die afgelope 10 jaar reeds ‘n spesifieke gemeente in Lesotho saam met wie ons daar werk. Die plaaslike gemeente identifiseer ‘n gebied waar die evangelie gebring moet word. Spanne beweeg dan in die dag van deur tot deur in die betrokke “village” . Die Jesus Film word dan in die aand in dieselfde village gewys. Na afloop van die film word daar ‘n uitnodiging gerig vir mense om Jesus aan te neem as hul Saligmaker en Verlosser. Daar word ook ‘n uitnodiging gerig om Pastor Phoka se gemeente te besoek en die dienste by te woon. Pastor Phoka neem ook volle verantwoordelikheid vir die herderskap van hierdie nuwe bekeerlinge.
Mosambiek
Mosambiek word ten minste 1 x per jaar besoek. Oor jare se betrokkenheid in die land is daar noue bande gesluit met ‘n gemeente in Maputo. Kairos kon bydra tot die gemeente se sendingspan se behoefte aan media toerusting om self in die plattelant te kan ingaan en die Jesus Film te gaan wys. Die gemeente se sendingspan tree ook op as tolke waar daar ook al in die land inbeweeg word met die evangelie. Kairos het die afgelope paar jaar besoekers uit die Mosambiek Gemeente ontvangs en kon ons deel aan die gemeenskap van gelowiges en die seën van die Here.
Jordanië
Gedurende Junie/Julie 2015 het die gemeente 2 spanne uitgestuur om in Jordanië onder die Siriese Vlugte die onvoorwaadelike liefde van Vader te gaan leef. Die spanne het ‘n plaaslike gemeente ondersteun in die werk wat hulle daar doen. Daar word gefokus om gesinne wat uit die kampe kom, toe te rus met die mees basiese behoeftes van matrasse, gasstofies, waaiers/verwarmers afhangende van die seisoen. Ander spanne besoek weer die gesinne en sapndeer tyd om saam met hulle te kuier en weer kos te neem. Na afloop van die uitreik was die spanlede eensgesind dat die werk daar nog nie afgehandel is nie en vertrou ons Vader vir verdere besoeke aan Jordanië.
Sondae
Oggendbyeenkoms 09h30
Maandae
Biduur in Moederskamer 17:30
